Dudu Myeni se saak weer uitgestel

Die saak van die voormalige raadsvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Dudu Myeni, en die uitvoerende beampte van Sondolo IT, Eric Mathenjwa, is in die landdroshof in Richardsbaai tot 9 Februarie volgende jaar uitgestel. Die saak handel oor beweerde bedrog en korrupsie van 300 000 Suid-Afrikaanse rand wat met Bosasa verbind word. Die Zondo-verslag toon Myeni het korrupsie moontlik gemaak en oudpresident Jacob Zuma beïnvloed om Bosasa te bevoordeel. Myeni en Mathenjwa is uit op borgtog van 10 000 rand elk. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Sindisiwe Seboka, bevestig hulle het die nodige dossiere ontvang.