Dubbelken irriteer Australië se rykste vrou
Australië se rykste vrou eis blykbaar haar portret moet van ‘n uitstalling by die land se nasionale gallery verwyder word. Dit is deel van ‘n uitstalling getiteld, Australia in Colour, deur die bekroonde kunstenaar, Vincent Namatjira. Die portret is van die mynbou-miljardêr, Gina Rinehart, met dubbelken en al, in wat sommige mag beskou as ‘n minder vleiende uitbeelding. Namatjira het in reaksie gesê hy skilder die wêreld soos hy dit sien. Rinehart het nie in die openbaar kommentaar gelewer nie, maar ‘n woordvoerder het gesê die Nasionale Galery verwelkom openbare dialoog oor sy uitstallings.