Dubbele slag vir Gauteng-boere: Beurtkrag en varkgriep

Die DA in Gauteng sê boere is vanjaar deur ‘n dubbele slag getref nadat hulle die verwoestende uitwerking van beurtkrag moes hanteer en nou ook deurloop onder die vernietigende impak van Afrika-varkgriep. Die jongste Afrika-varkgriepuitbreking is op ‘n groot varkplaas in die provinsie gevind. Die DA-woordvoerder, Bronwynn Engelbrecht, sê die publiek hoef nie paniekerig te raak nie omdat hierdie uitbreking nie dieselfde is as varkgriep nie en dit kan nie aan mense oorgedra word nie: