Dubbele kandidatuur-saak uit die hof gegooi

Die Verkiesingshof het vanoggend die saak waarin die Independent Patriots for Change die Namibiese Verkiesingskommissie gedagvaar het, uitgegooi en van die rol geskrap. Die IPC wou hê die kommissie moet ‘n regsmening deur die prokureur-generaal verkry oor die kwessie van dubbele kandidatuur. Regter Hannelie Prinsloo sê die saak kan nie deur die Verkiesingshof aangehoor word nie omdat dit nie ‘n verkiesingskwessie is nie.