Dubbele honderdtal deur Maxwell gee Aussies oorwinning

ʼn Uitsonderlike dubbele honderdtal deur ʼn beseerde Glenn Maxwell het Australië gehelp om Afghanistan met drie paaltjies in Moembai te verslaan en ʼn plek in die Wêreldbeker-halfeindstryd te verseker. Afghanistan het 291 vir vyf behaal met Ibrahim Zadran wat ʼn onoorwonne 129 aangeteken het. Australië het slegs 91 vir sewe gehad toe Maxwell, die man van die wedstryd, tot sy span se redding gekom het. Hy het op die veld met krampe gesukkel maar kon ʼn onoorwonne 201 van 128 balle slaan. Maxwell is die eerste Australiër wat ʼn dubbele honderdtal in ʼn internasionale eendagwedstryd behaal en sê hy is tevrede met sy kolfwerk: