DStv-pryse styg skerp

MultiChoice het die jaarlikse DStv-prysverhogings aangekondig wat op 1 April in werking tree. DStv-premium styg van 879 tot 929 Namibiese dollar per maand. “Ons glo hierdie aanpassings is redelik in ag genome die beduidende 16 persent jaar-tot-jaar depresiasie van die rand teenoor die Amerikaanse dollar,” sê MultiChoice SA se uitvoerende hoof, Marc Jury.