Drukgroep verwelkom prysbeperking op Sasol Gas

Die Nywerheidsgas-verbruikersvereniging van Suider-Afrika het sy tevredenheid uitgespreek met ‘n beslissing van die Mededingingstribunaal. Hy het ‘n interdik van ses maande teen Sasol Gas toegestaan wat die maatskappy verhoed om sy gaspryse te verhoog. Die vereniging het ‘n tussentydse verligtingsaansoek ingedien om Sasol te verhoed om pryse bo ‘n spesifieke vlak te verhoog. Die uitvoerende hoof, Jaco Human, sê die stap sal verligting vir vervaardigers bied. Human sê aardgas is ‘n noodsaaklike energiebron vir sy lede: