Druk sal voortgaan op voedselpryse

Die Nasionale Landboubemarkingsraad in Suid-Afrika sê voortgesette druk op voedselpryse word in die komende paar maande verwag, veral weens die verhoging van brandstofpryse. Suid-Afrika se algehele inflasie het verlede maand 5 persent bereik met voedselinflasie op 6,1 persent. Christo Joubert van die raad sê die relatief sterk rand bly ‘n aansienlike risiko, maar gunstige klimaatsomstandighede en ‘n groter voorraad groenteprodukte is ‘n teenvoeter hiervoor. Hy voeg by kommer bestaan oor wêreldwye hoë graanpryse, aangesien die land se graanprys volgens ‘n ingewikkelde internasionale stelsel bepaal word.