Druk op huishoudings raak ondraaglik
Reaksie word steeds ontvang oor die maandelikse inflasie vir Augustus in Sone 2, die Khomas-streek, wat op 5,4 persent gemeet is. Dit was die hoogste inflasiekoers van al die sones. Die nasionale jaarlikse inflasie vir Augustus was 4,4 persent. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die plaaslike ekonoom Gabriel Erastus, wat die finansiële stres van verbruikers beklemtoon.