Druk op Bibi neem toe…
Duisende Israeli’s het opgeruk teen premier Benjamin Netanyahu se regering veral oor die Gaza-oorlog en die versuim om te onderhandel oor die vrylating van talle gyselaars wat steeds in die Palestynse gebied aangehou word. Betogings teen Netanyahu se hantering van die oorlog teen Hamas-militante het stelselmatig toegeneem, met tienduisende wat elke naweek die strate van Israel se grootste stad, Tel Aviv, invaar.