Droogtehulp: Regte begunstigdes moet die hulp ontvang

Die Kantoor van die Eerste Minister het streeksrade aangemoedig om deurlopend lyste van begunstigdes van droogtehulp op te dateer om seker te maak die regte mense ontvang die bystand. Die uitvoerende direkteur I-Ben Nashandi sê van die lyste dateer sover terug as 2020 en dat omstandighede kon verander het. Hy voeg by die program is seisoenaal en is nie daar om die kwessie van wanvoeding aan te spreek nie – dit val onder die ministerie van maatskaplike welsyn. Die maatstaf vir werkende mense om te kwalifiseer vir die program is ‘n maksimum inkomste van 3 100 Namibiese dollar maandeliks.