Droogte: Omaheke-boere verloor miljoene
Die Omaheke-streek sukkel reeds ‘n geruime tyd met droë toestande en voedselvoorsiening. Verlede jaar is daar 45 kinders in die streek dood van wanvoeding met 132 gevalle van ondervoeding wat aangemeld is. Nou word daar berig sedert Oktober verlede jaar het boere by Epikuro in die streek meer as 1 130 beeste verloor. Die waarde word op amper 13 miljoen Namibiese dollar beraam. Daar is 72 waterpunte maar meer as 30 300 bees met groot weidingstekorte wat aangemeld is.