Droogte knou toerisme in Suide

Die langdurige droogte het ook ‘n uitwerking op toerisme gehad, veral in die Suide. Volgens ‘n Simonis Storm-verslag het die suidelike gebiede in Julie die laagste nasionale besettingsyfers gehad van 56,5 persent, teenoor die nasionale koers van 59,7 persent. Nelson Ashipala, woordvoerder van Namibia Wildlife Resorts, NWR, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en sê visvangaktiwiteite by die Hardapdam het afgeneem en daar was minder stappers in die Visriviercanyon.