Droogte knou ook mense in stedelike gebiede

Die aanhoudende droogtesituasie raak nie net boere en landelike gemeenskappe nie, maar ook stedelike gebiede, sê Elia Irimari, goewerneur van die Oshana-streek. Hy het gepraat tydens die oorhandiging van kospakkies deur die Oshana-streeksraad aan die streek se drie plaaslike owerhede. Altesaam 12 790 mense het tot dusver geregistreer vir die droogtehulpprogram. Die kospakkies sluit in 184 sakke mieliemeel, 184 bottels kookolie en 737 blikkies vis wat vir al drie plaaslike owerhede beskikbaar sal wees. Vyf-honderd-twee-en-vyftig huishoudings sal na verwagting kospakkies kry.