Droogte kelder Korrektiewe Diens se voedselprogram

Die Namibiese Korrektiewe Diens het sy kommer uitgespreek oor die dreigende droogte. Die diens het ‘n gesamentlike projek met die Wêreldvoedselprogram van stapel gestuur. Dit het eers uiters goed gegaan en die diens poog om ten minste sy fasiliteite met voedsel te voorsien. Maar, die hoof, kommissaris-generaal Raphael Hamunyela, sê hulle droëland-produksie steier onder die tekort aan reën.