Droogte en mens-dier konflik… so lyk sake

Die drie leeus wat in die weste van die Kavango-Oos-streek rondloop is vroeg Woensdagaand by Kakurukadi-dorpie in die George Mukoya-bewaar-area gesien, net noord van die Khaudum Nasionale Park. Hulle het reeds ‘n kalf en ‘n bok by twee verskillende dorpies gevang. Dit is die derde groep leeus in die noordooste van die land wat in die afgelope tyd opgemerk is met beduidende konflik en vee wat gevang is. Die gebied is droog en Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met professor Morgan Hauptfleisch, hoof van die Biodiversiteitsnavorsingsentrum by Nust, oor of mens-wild konflik sal toeneem as gevolg van die droëer toestande