Droogte dra by tot padongelukke

Die polisie se naweekverslag rapporteer dat die 65-jarige Gerhard Ueltzhofer oorlede is nadat hy uitgeswaai het vir ‘n kudu in die pad en sy Chevrolet Spark omgeslaan het. Twee wat saam met hom op pad was van Gobabis na Windhoek is beseer. Op die plaas Omatarasu naby Kalkfeld is Charles Cotze oorlede toe hy uitgeswaai het vir ‘n gemsbok, en drie passasiers in sy Nissan bakkie is ernstig tot matig beseer. Kosmos 94.1 Nuus het met Rickus Spangenberg gepraat van K9 Anti-Poaching and Security,wat sê die droogte speel ‘n groot rol in die probleem van diere op paaie.