Dronk moeders van klein kinders in die nuus
Plaaslike media berig vanoggend dat die polisie in die Kavango Oos-streek ondersoek instel na ‘n twee-maande-oue babadogtertjie dood is terwyl haar ma haar geborsvoed het. Volgens wat berig word, was die ma besope en het aan die slaap geraak en so die kind versmoor. Die berig kom minder as ‘n maand na ‘n berig uit Gobabis waar ‘n ma haar vierjarige dogter verloor het terwyl sy gedrink was. Sy weet nie waar sy die kind gelos het nie en het haar eers ‘n week later as vermis aangemeld.