Droëlandproduksie kry N$44m van landbou

Die landbouministerie het 44 miljoen Namibiese dollar opsy gesit vir droëland akkerbouers in die komende seisoen. Volgens woordvoerder Simon Nghipandulwa sal die geld benut word vir die verskaffing van diesel, trekkers en die betaling van seisoenale werkers. Daar is 400 trekkers en 417 werkers reeds aangestel. Meer as 84 metrieke ton se mieliesaad en 234 ton mahangusaad is reeds beskikbaar saam met 74 ton bemesting. Implemente is ook gereed en 150 ekstra trekkers is op bystand indien nodig.