Droë weer verlaag BBP

Namibië verwag ‘n afplatting in groei van die bruto binnelandse produk en verwag vanjaar 3,3 persent groei en 2,8 persent in 2024, wat ‘n daling is vanaf 4,6 persent in 2022. Die ekonoom van FNB Namibië, Ruusa Nandago, skryf die afname toe aan droë weerstoestande. Nandago se kwartaallikse ekonomiese verslag beklemtoon ‘n saamgestelde faktor van ‘n verlangsaming in verbruik. Nandago sê die amptelik verklaarde droogte sal na verwagting vanjaar groei belemmer, wat indiensneming en uitset in die landbousektor beïnvloed, met bykomende druk op voedselpryse.