DRK sê poging tot staatsgreep afgeweer
Die Demokratiese Republiek van die Kongo se weermag het sê hy het ‘n poging tot staatsgreep waarby Kongolese en buitelandse vegters betrokke was, afgeweer. Daar is nie gespesifiseer of die betrokkenes in hegtenis geneem is of doodgeskiet is nie. Tina Salama, ‘n woordvoerder van president Felix Tshisekedi, het ook bevestig dat die presidensiële paleis Sondag aangeval is, maar dat die weermag beheer geneem het.