DRK-owerhede skiet 129 gevangenes dood tydens ontsnappingspoging
Die regering van die Demokratiese Republiek van die Kongo sê minstens 129 mense is dood toe hulle uit die Makala-gevangenis in die hoofstad Kinshasa probeer ontsnap het. Die minister van binnelandse sake, Shabani Lukoo, sê ‘n brand het ook in die tronk se administratiewe gebou, sy kosdepots en ‘n hospitaal uitgebreek. Sowat 59 mense is beseer. Die regering sê geen gevangene het daarin geslaag om weg te kom nie. Die situasie is nou onder beheer.