DRK lê weer strafhof-klag teen M23, Rwanda-weermag

Demokratiese Republiek van die Kongo het weer ‘n formele klag by die Internasionale Strafhof gemaak oor wat hy noem die sistematiese plundering van sy natuurlike hulpbronne in Oos-Kongo deur die Rwandese-weermag en die M23-rebelle groep. Die hof het reeds sedert 2004 ‘n deurlopende ondersoek na Oos-Kongo en dit is nie duidelik of die nuwe klag die hof se fokus sal verskuif nie. Die regering sê hy is bekommerd oor die lyding van die bevolking in die deel van sy grondgebied wat geraak.