DRK kry 65 000 M-pokke-inentingsdosisse

Die Demokratiese Republiek die Kongo kry vandag 65 000 dosisse van die M-pokke-entmiddel. Nigerië het ook begin met die onmiddellike verspreiding van 5 000 van 10 000 entmiddels, en teiken hoërisikogroepe, onder wie gesondheidsorgwerkers. Die direkteur van die Wêreldgesondheidsorganisasie in Afrika, Matshidiso Moeti, sê die poging is deel van die vasteland se strategie om die uitbreking in talle lande te beheer. Sy wys op internasionale solidariteit agter die inisiatief, met voorrade wat verskaf word deur USAID en die inentingsliggaam, Gavi.