DRK-konflik vandag by SAOG Troika bespreek

President Hage Geingob sal vanoggend amptelik die buitengewone beraad van die SAOG Troika van troepbydraende lande open. Die Presidensie sê die orgaan van die SAOG is verantwoordelik vir vrede en sekerheid in die ontwikkelingsgemeenskap en die huidige konflik in die oostelike deel van die Demokratiese Republiek van die Kongo sal onder die loep kom. Die beraad word bygewoon word deur staatshoofde van Angola, die DRK, Malawi, Suid-Afrika, die Verenigde Republiek van Tanzanië en Zambië. Namibië is tans die voorsitter van die troika. Zambië is die inkomende voorsitter van die Troika.