DRK-inwoners in Noord-Kivu bedreig deur IS

Minstens 16 mense is doodgemaak deur ‘n vermeende Islamitiese rebellegroep wat in die Demokratiese Republiek van die Kongo se Noord-Kivu-provinsie gebaseer is. Die Geallieerde Demokratiese Magte, ADF, verbonde aan die Islamitiese Staat, opereer vir byna drie dekades vanuit die oerwoude van Oos-Kongo. “Ons glo dat die ADF verantwoordelik vir hierdie aanval is. Hulle het voordeel getrek uit die vertrek van die weermag in die gebied om die bevolking te kom doodmaak,” het ‘n plaaslike amptenaar, Fabien Kakule Viriro, aan Reuters gesê. Die slagoffers is met pangas doodgekap en die amptenaar sê sommige is tereggestel terwyl hulle probeer ontsnap het.