DRK-burgers betrek by bedrogspul in SA
Die Suid-Afrikaanse Bedrogvoorkomingsdiens waarsku landsburgers oor misdaadsindikate wat slagoffers met hallusinogene bedwelm in ‘n skelmspul met tradisionele genesers. Business Tech berig die swendelaars is op soek na mense met tradisionele oortuigings, met slagoffers wat hulle pensioene en spaargeld oorhandig omdat hulle oortuig word dit gaan in waarde verdubbel. Daar word beweer die swendelaars is van die Demokratiese Republiek van die Kongo en doen hulleself as mynboubestuurders voor en lok slagoffers met handel in coltan. Die diens het die Yima-platform vir aanmelding van bedrog en die beskerming van identiteit op die been gebring.