DRK: Angola stuur soldate na skietstilstand misluk

Angola sê hy sal ‘n militêre eenheid na die ooste van die Demokratiese Republiek van die Kongo stuur, dae nadat ‘n wapenstilstand wat hy bemiddel het, misluk het. Albei kante in die konflik – die M23-rebelle en regeringstroepe – het mekaar daarvan beskuldig dat hulle die wapenstilstand wat Dinsdag begin het, verbreek het. Die VN sê die konflik het verlede maand 300 000 mense uit hul huise in die Noord Kivu-provinsie gedwing. ’n Verklaring van die Angolese president se kantoor sê die soldate sal ontplooi word om gebiede te help beveilig wat deur die M23-rebellegroep gehou is en om wapenstilstandmonitors te beskerm.