Drikus wens (ander) Dashers sterkte toe

Meer as 1 000 fietsryers gaan aan vanjaar se Nedbank Desert Dash deelneem, wat vandag vanaf Grove Mall in Windhoek vertrek na Swakopmund se Platz Am Meer Mall. Daar lê ‘n uitmergelende 397 kilometer deur die Khomas Hochland vir deelnemers voor, wat dit in 24 uur moet aflê. Namibiese fietsryer Drikus Coetzee het verlede week een van die langste ultra-uithouvermoë bergfietsrenne, die Munga, in ‘n nuwe rekordtyd van net minder as 48 uur getem. Hy gaan as lid van ‘n viermanspan aan die Desert Dash deelneem. Kosmos 94.1 Nuus het met Coetzee gesels wat al die deelnemers sterkte toewens.