Drie weke, 536 000 kiesers geregistreer

Die registrasie van Namibiese kiesers blyk om goed te vorder. Die eerste maand is amper verby en die kommissie sê tussen 3 en 22 Junie is 536 202 kiesers geregistreer. Daar is ongeveer 1,7 miljoen kiesers wat voor 1 Augustus moet registreer. Die weeklikse gemiddeld het gedaal en in die week van 17 tot 22 Junie is gemiddeld 28 211 kiesers landswyd elke dag geregistreer. Stemgeregtiges kan Maandae tot Saterdae tussen agt-uur soggens tot sewe-uur saans registreer.