Drie vroulike Namibiese joernaliste wen toekennings
Drie Namibiese joernaliste het toekennings by die Afrika Merck-stigting gewen. Hulle is Sonja Smith, Shireen van Wyk en June Shimuoshili. Om vir die toekenning met die tema ”More Than a Mother” 2021 in aanmerking te kom, het joernaliste bewusmaking geskep oor onvrugbaarheidsvoorkoming, stigma oor onvrugbaarheid afgebreek en meisies en vroue deur onderrig bemagtig.