Drie vermis na Kaapse storm
Die owerhede in die Wes-Kaap sê drie mense word vermis ná ontwrigtende reën wat oorstromings regoor die provinsie veroorsaak het. Die LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê een persoon is in die Groot-Brakrivier meegesleur, terwyl twee mense in Villiersdorp vermis word. Ses vasgekeerde kinders is uit drie verskillende huise in die Strand gered. Nooddienste sê modderstortings is in H outbaai en op Ou Kaapse Weg aangemeld. Bredell sê infrastruktuur is erg beskadig: