Drie vas vir Eskom-bedrog van R745m

Die Handelsmisdaadhof in Palm Ridge in die buurland het ‘n lasbrief uitgereik vir die inhegtenisneming van die voormalige Eskom-kontraktebestuurder, France Hlakudi, nadat hy gister nie in die hof opgedaag het nie. ‘n Woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat Sinsisiwe Seboka sê Hlakudi en ‘n voormalige Eskom-groepshoof, Abram Masango, die sakeman Maphoko Kgomoeswana en die uitvoerende hoof van Tubular Construction, Antonio Trindade, staan tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery van 745 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat met die Kusile-kragstasie verband hou: