Drie vas toe hulle skedel vir toordokter opgrawe

‘n Hof in Minna, in die Niger-staat van Nigerië, het vyf mans tot 12 jaar tronkstraf elk gevonnis omdat hulle ‘n menslike skedel opgegrawe het. Die mans het ‘n liggaam wat drie jaar tevore in ‘n Moslem-begraafplaas begrawe is opgegrawe. Die mans, onderskeidelik tussen 18- en 28-jaar-oud, het beweer hulle het ‘n tradisionele dokter se opdragte gevolg, wat hulle rykdom beloof het in ruil vir die menslike skedel. Hulle is skuldig bevind op aanklagte van misdadige sameswering, betreding op ‘n begraafplaas en die onwettige besit van ‘n menslike skedel.