Drie Trump-trawante met 2020-skema in Wisconsin aangekla
Die prokureur-generaal van Wisconsin, Josh Kaul het aanklagte van vervalsing teen drie medewerkers van oudpresident Donald Trump ingedien vir hul rolle in die vals kieserskema in 2020 in dié staat. Die drie is Trump se voormalige prokureurs Kenneth Chesebro en Jim Troupis en sy assistent Mike Roman. Hulle het na bewering ‘n lys van pro-Trump-kiesers gekry om dokumente te teken wat valslik verklaar dat hy die verkiesing in Wisconsin gewen het. Dié misdryf is strafbaar met ‘n boete van tot 187 000 Namibiese dollar en tot ses jaar tronkstraf.