Drie Swazi’s vas vir onverklaarde kontant op Aroab

Op Aroab sê die Namibiese polisie dat drie burgers van Eswatini by die Klein Menasse-grenspos gearresteer is. Die drie, 32, 42, 43 jaar oud, het 111 800 Suid-Afrikaanse rand, in 200-randnote, in hul besit gehad wat nie verklaar is nie. Die kontant was ook versteek en die drie kon nie ‘n redelike verduideliking verskaf oor hoekom hulle die kontant in hul besit gehad het nie. Die drie sal na verwagting vandag in die hof op Keetmanshoop verskyn. Die ondersoek duur voort.