Drie Springbok-staatmakers ernstig beseer

Rugby: Die Springbokbestuur het bevestig drie staatmakers sal lank buite aksie wees weens beserings. Pieter-Steph du Toit, Malcolm Marx en Franco Mostert is almal ernstig beseer in die tweede toets teen Ierland. Mostert sal omtrent ses maande nie kan speel nie weens ‘n gebreekte been, terwyl Marx en Du Toit tot ses weke lank moet herstel en waarskynlik die begin van die Rugby-kampioenskap sal misloop. Die Bokke speel twee keer in Australië teen die Wallabies, twee keer in Suid-Afrika teen die All Blacks, en weg en tuis teen Argentinië.