Drie SA20-wedstryde trakteer aanhangers die naweek

Krieket: Aanhangers word die naweek trakteer op drie wedstryde in die SA20. Vandag se dubbele aanbieding begin met die kragmeting tussen Joburg Super Kings en MI Cape Town op die Wanderers, wat vanmiddag half-twee begin. Half-ses hoop die verdedigende kampioen, Sunrisers Eastern Cape, om sy veldtog aan die gang te kry teen Durban’s Super Giants in Gqeberha, nadat sy eerste wedstryd teen Joburg uitgereën het. Môre kom Pretoria Capitals en Paarl Royals half-vier die middag in Centurion teen mekaar te staan.