Drie Noorde-streke se watersituasie onder beheer

Drie noordelike streke in Namibië het water-onderbrekings ervaar, maar die situasie is onder beheer. NamWater het waterrantsoenering in Oshana, Ohangwena en Oshikoto ingestel. Plaaslike owerhede in die streke het aangekondig dat die onderbreking te wyte is aan toerusting wat onverwags by die NamWater-suiweringsaanleg in Oshakati gebreek het. Abraham Nehemia, hoof uitvoerende beampte van NamWater deel met Kosmos 94.1 Nuus die oorsaak van die waterprobleem.