Drie moontlike oorsake van ontploffing in Jozi

Die Stad Johannesburg se voorlopige ondersoek het drie moontlike oorsake uitgewys wat tot Woensdag se ontploffing in die middestad kon lei. Die stadsbestuurder, Floyd Brink, sê metaangas, aardgas of gas in ‘n gaspyp wat aan die brand geslaan het, kon die ontploffing veroorsaak. Een persoon is dood en 48 beseer toe ‘n ondergrondse ontploffing dele van Breestraat uitmekaar geruk het. Brink sê ingenieurs sal nie swaar toerusting tydens hulle ondersoek op die terrein gebruik nie.