Drie mense sterf toe helikopters bots in KaliforniëAugust 7, 2023

Drie mense is dood nadat ‘n helikopter neergestort het tydens ‘n brandbestrydings-operasie in Kalifornië in Amerika. Die ongeluk het gebeur nadat brandweerspanne ontbied is na ‘n brand naby Cabazon in die Riverside-gebied. Twee helikopters was in ‘n botsing betrokke. Die een helikopter het veilig geland, maar die ander een het neergestort. Almal aan boord is dood. Die oorsaak van die botsing word ondersoek.