Drie-jarige sterf na sy tuisgebroude bier drink

Tuisgebroude bier het nog ‘n lewe geneem, hierdie keer in Onewawa-dorp in die Oshikoto-streek se Omuntele-kiesafdeling. Volgens die polisieverslag is ‘n drie-jarige dogtertjie dood en haar agt-jarige boetie in ‘n kritieke toestand nadat hulle Dinsdagaand tuisgebroude bier by hul ouers gekry het. Die kinders het siek geword en daar is met hulle na ‘n kliniek gehaas, waar die kleuter gesterf het. Die oorledene se oorskot is na die Omuthiya polisie-lykshuis geneem vir ‘n lykskouing om uitgevoer te word. Niemand is nog gearresteer nie, hangende die uitslag van die lykskouing.