Drie jaar na Covid, neem haweloses steeds toe by Katutura-jeugsentrum

Haweloses word steeds by die Katutura Veeldoelige Jeugsentrum se sportterrein gehuisves sedert die begin van Covid-pandemie in Maart 2020 en die Namibiese sportministerie sukkel om van hulle ontslae te raak. ‘n Himba-stam het ook besluit om by die Katutura-sportveld skuiling te soek. Die sportvelde waar hierdie mense tans geakkommodeer word, is nou in swak en onhigiëniese toestande as gevolg van vandalisme en toenemende plakkershutte wat opgerig word. Drie jaar later moet atlete tussen die tente wat op die baan opgerig is, oefen. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese ombudsman, Basilius Dyakugha, gepraat wat sê hy is teleurgesteld in die regering.