Drie dood in Rotterdam skietvoorval

ʼn Twee-en-dertigjarige student is in hegtenis geneem nadat hy gister drie mense in die Nederlandse stad Rotterdam doodgeskiet het. Volgens die polisie het die vermeende aanvaller ʼn 39-jarige vrou doodgeskiet en haar 14-jarige dogter ernstig gewond in ʼn privaat woning in Heiman Dullaert-plein. Die tiener is die hospitaal opgeneem waar sy aan haar wonde beswyk het. Die verdagte het daarna in ʼn klaskamer by die gesogte Erasmus Universiteit se mediese sentrum ingegaan en ʼn 46-jarige dokter geskiet. Die polisie sê die motief vir die skietery is onbekend, maar hulle glo die slagoffers was teikens.