Drie aangekla na Liam Payne se dood

Drie mense is aangekla in verband met die dood van One Direction-ster Liam Payne. Die sanger is op 16 Oktober dood nadat hy van die balkon op die derde verdieping van ‘n hotel in Buenos Aires geval het. Argentynse owerhede sê een persoon wat hom vergesel het, is aangekla van die verlating van ‘n persoon gevolg deur die dood en die verskaffing van dwelms. ‘n Hotelwerknemer en ‘n derde persoon is ook van die verskaffing van dwelms aangekla. Die staatsaanklaer se kantoor sê alkohol, kokaïen en ‘n voorskrif antidepressant is in sy bloed gevind. Daar word ook beaam dat Payne moontlik in ‘n toestand van semi of totale bewusteloosheid geval het. Owerhede nege klopjagte by huise in Buenos Aires uitgevoer.