Dravid verlaat Indië as afrigter na T20-Wêreldbeker

Krieket: Rahul Dravid het bekendgemaak hy tree na die huidige T20-Wêreldbekertoernooi uit as hoofafrigter van Indië. Die voormalige internasionale kolwer gaan nie weer aansoek doen vir die pos wat die beheerliggaam verlede maand geadverteer het nie. Die 51-jarige Dravid het Indië verlede jaar tot die eindstryd van die Wêreld-toetskampioenskap en van die eendag-Wêreldbekertoernooi gevoer, wat hulle albei teen Australië verloor het. Sy land het sedert 2013 nog geen internasionale toernooi gewen nie. Indië se T20 Wêreldbeker-veldtog begin môre teen Ierland.