Drankhandelaars-vereniging vra SA om minder te drink

Die Nasionale Drankhandelaars-vereniging doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om in die feestyd en daarna alkoholmisbruik in hulle gemeenskappe te bekamp. Sedert die begin van die maand is meer as 2 500 mense landwyd vasgetrek omdat hulle in die openbaar gedrink het. Meer as 850 mense is aangekeer weens dronkenskap óf wangedrag in ʼn openbare plek. Die vereniging se sameroeper, Lucky Ntimane, sê kwessies soos minderjariges wat drink en oormatige drankgebruik is ewe kommmerwekkend.