Drama by aborsie-verhoor in die hoofstad

Openbare verhore oor die wettiging van aborsie hervat vandag in die Khomas-streek, maar daar is klaar drama by een van vergaderings in die hoofstad. Lede van die publiek wat pro-aborsie is, het versoek dat die teen-aborsie-plakkate uit die saal verwyder word, om almal gemaklik en veilig te laat voel, maar kerkgroepe is toegelaat om binne die openbare saal te betoog. Vandag vind verhore van die parlementêre staande komitee oor geslagsgeweld oor aborsie onder meer in die Tobias Hainyeko- en Moses Garoëb-kiesafdelings plaas. Aborsie in Namibië is alleenlik wettig vir mediese redes, bloedskande en verkragting.