Draaiboulers sal belangrike rol speel in toets teen Pakistan 

Engeland se kaptein, Ben Stokes, glo draaiboulers sal ʼn belangrike bydrae lewer in die derde en laaste toets teen Pakistan in Rawalpindi, wat vandag begin. Engeland het die eerste toets met ʼn beurt en 47 lopies gewen voordat Pakistan die reeks in Multan gelykop gemaak het met ʼn sege van 152 lopies op ʼn blad wat draaiboulers bevoordeel. Pakistan sal na verwagting ʼn soortgelyke kolfblad in Rawalpindi skep. Stokes sê hy sal die drie draaiboulers in die groep ondersteun: