Draai SA Toerimse se geldkraan toe
Die Suid-Afrikaanse parlement se portefeuljekomitee oor toerisme het die departement van toerisme opdrag gegee om enige verdere oordrag van fondse aan SA Toerisme te staak totdat die organisasie bestendig is. Die departement het onthul meer as 550 miljoen Suid-Afrikaanse rand is reeds twee weke gelede uit die nuwe begroting oorgeplaas. Die komitee, onder leiding van die voorsitter, Tandi Mahambehlala, het ook verklaar die komitee beplan om parlementêre ingryping aan te vra om minister Patricia de Lille se keuse van raadslede vir SA Toerisme van die hand te wys.